Goewermentskennisgewing No. R.1331
7 Desember 2001

 

Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging

 

Wysiging van die regulasies betreffende Rolle vir Ingeskrewe Verpleegkundiges en Vroedvroue

 

[Hierdie Goewermentskennisgewing is deur
Goewermentskennisgewing No. R.47 van 25 Januarie 2002 herroep.]

 

Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.

 

BYLAE

Woordomskrywing

1.    In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.3588 van 24 Oktober 1969 soos gewysig deur Goewermentskennisgewing Nos. R.1205 van 7 Julie 1972, R.773 van 11 Mei 1973, R.1855 van 8 Oktober 1976, R.189 van 2 Februarie 1979, R.2208 van 31 Oktober 1980, R.816 van 30 April 1982, R.1420 van 1 Julie 1983, R.1903 van 23 September 1988, R.2195 van 6 September 1991, R.1321 van 23 Julie 1993, R.1130 van 28 Julie 1995 en R.1127 van 23 September 1999.

 

Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies

2.    Regulasie 3(1) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “vier-en-tagtig rand en een-en-twintig sent (R84,21)” deur die uitdrukking “eenhonderd-en-vyf rand en ses-en-twintig sent (R105,26), BTW uitgesluit,” te vervang.

 

Wysiging van regulasie 5 van die Regulasies

3.    Regulasie 5(1)(b) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “eenhonderd rand (R100)” deur die uitdrukking “eenhonderd-en-nege rand en vyf-en-sestig sent (R109,65), BTW uitgesluit” te vervang.

 

Inwerkingtreding van hierdie regulasies

4.    Hierdie regulasies tree op die publikasiedatum in werking.

5.    Nieteenstaande die bepalings van regulasie 4, is regulasie 2 nie van toepassing op jaarlikse gelde ten opsigte van die 2001 kalenderjaar nie.

6.    Nieteenstaande die bepalings van regulasie 4, is regulasie 2 nie van toepassing op jaarlikse gelde ten opsigte van die 2002 kalenderjaar nie indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.

7.    Nieteenstaande die bepalings van regulasie 3(3) van die Regulasies, moet die jaarlikse gelde vir die kalenderjaar 2002 nie later nie as 31 Maart 2002 betaal word.

     

Hierdie Web weergawe van hierdie Goewermentskennisgewing © S A Raad op Verpleging.

Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977 van 28 Junie 1983.

U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie kennisgewing maak. U mag vrylik uit hierdie kennisgewing kwoteer op voorwaarde dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys. U mag NIE afskrifte van hierdie kennisgewing verkoop nie.

Quick Links

Details of NEW 
Nursing Qualifications
Annual Fees 2012
(How much and how to pay)

 

 

 

© 2004 - 2012 South African Nursing Council (Under the provisions of the Nursing Act, 2005)
Disclaimer