|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende Rolle vir Ingeskrewe Verpleegkundiges en Vroedvroue: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAE1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.3588 van 24 Oktober 1969, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R.1205 van 7 Julie 1972, R.773 van 11 Mei 1973, R.1855 van 8 Oktober 1976, R.189 van 2 Februarie 1979, R.2208 van 31 Oktober 1980, R.816 van 30 April 1982, R.1420 van 1 Julie 1983, R.1903 van 23 September 1988, R.2195 van 6 September 1991, R.1321 van 23 Julie 1993, R.1130 van 28 Julie 1995, R.1127 van 23 September 1999, R.1304 van 5 Desember 2001, R.1331 van 7 Desember 2001 en R.47 van 25 Januarie 2002.
Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies2. Regulasie 3(3) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “31 Januarie” deur die uitdrukking “31 Maart” te vervang.
Wysiging van regulasie 4 van die Regulasies3. Regulasie 4(1)(c) en (d) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “1 Februarie” deur die uitdrukking “1 April” te vervang.
(Geteken)
|
|
© 2004 - 2012 South African Nursing Council (Under the provisions of the Nursing Act, 2005) |