|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende Registers vir Studente: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 3735 van 14 November 1969, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 171 van 12 Februarie 1971, R. 1204 van 7 Julie 1972, R. 1647 van 20 September 1974, R. 2207 van 31 Oktober 1980, R. 53 van 15 Januarie 1988, R. 1130 van 23 September 1999 en R. 708 van 22 Julie 2005.
Wysiging van subregulasie (1) van regulasie 2 van die Regulasies2. Regulasie 2 van die Regulasies word hierby gewysig deur – (a) in subregulasie (1)(c) die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00)” deur die uitdrukking “twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46)” te vervang; en (b) in subregulasie (1)(d) die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00)” deur die uitdrukking “twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46)” te vervang.
Wysiging van regulasie 4 van die Regulasies3. Regulasie 4 van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00)” in subregulasie (1) deur die uitdrukking “twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46)” te vervang.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies4. Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.
(Geteken)
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |