Goewermentskennisgewing No. R.1133
17 November 2006

 

Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging

 

Regulasies Betreffende Registers: Wysiging

 

Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.

 

BYLAE

Woordomskrywing

1.    In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 3589 van 24 Oktober 1969, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 1201 van 7 Julie 1972, R. 772 van 11 Mei 1973, R. 1854 van 8 Oktober 1976, R. 2206 van 31 Oktober 1980, R. 814 van 30 April 1982, R. 1419 van 1 Julie 1983, R. 1905 van 23 September 1988, R. 2194 van 6 September 1991, R. 1322 van 23 Julie 1993, R. 1128 van 28 Julie 1995, R. 1132 van 23 September 1999, R. 1305 van 5 Desember 2001, R. 149 van 24 Januarie 2003, R. 859 van 13 Junie 2003 en R. 702 van 22 Julie 2005.

 

Wysiging van subregulasie (2) van regulasie 2 van die Regulasies

2.    Regulasie 2 van die Regulasies word hierby gewysig deur –

(a)    deur in subregulasie (2)(a)(vi) die uitdrukking “driehonderd rand (R300) ten” deur die uitdrukking “driehonderd-agt-en-twintig rand en vyf-en-negentig sent (R328,95), BTW uitgesluit, ten” te vervang; en

(b)    deur in subregulasie (2)(b)(i) die uitdrukking “vyftig rand (R50) ten” deur die uitdrukking “vyf-en-vyftig rand en ses-en-twintig sent (R55,26), BTW uitgesluit, ten” te vervang; en

(c)    deur in subregulasie (2)(b)(ii) die uitdrukking “tweehonderd rand (R200) ten” deur die uitdrukking “tweehonderd-en-negentien rand en dertig sent (R219,30), BTW uitgesluit, ten” te vervang.

 

Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies

3.    Regulasie 3 van die Regulasies word hierby gewysig deur –

(a)    In subregulasie (2)(a)(v) die uitdrukking “driehonderd rand (R300) ten” deur die uitdrukking “driehonderd-agt-en-twintig rand en vyf-en-negentig sent (R328,95), BTW uitgesluit, ten” te vervang; en

(b)    In subregulasie (2)(b)(i) die uitdrukking “eenhonderd rand (R100) ten” deur die uitdrukking “eenhonderd-en-nege rand en vyf-en-sestig sent (R109,65), BTW uitgesluit, ten” te vervang; en

(c)    In subregulasie (2)(b)(ii) die uitdrukking “tweehonderd rand (R200) ten” deur die uitdrukking “tweehonderd-en-negentien rand en dertig sent (R219,30), BTW uitgesluit, ten” te vervang.

 

Wysiging) van regulasie 4 van die Regulasies

4.    Regulasie 4 van die Regulasies word hierby gewysig deur in subregulasie (1) die uitdrukking “eenhonderd-nege-en-sestig rand en dertig sent (R169,30)” deur die uitdrukking “eenhonderd-ses-en-tagtig rand en vier-en-tagtig sent (R186,84)” te vervang.

 

Wysiging van regulasie 6 van die Regulasies

5.    Regulasie 6 van die Regulasies word hierby gewysig deur –

(d)    In subregulasie (1)(a) die uitdrukking “twee-en-vyftig rand en drie-en-sestig sent (R52,63)” deur die uitdrukking “agt-en-vyftig rand en sewe-en-sewentig sent (R58,77)” te vervang; en

(e)    In subregulasie (1)(b) die uitdrukking “tweehonderd-ses-en-sewentig rand en twee-en-dertig sent (R276,32)” deur die uitdrukking “driehonderd-en-vier rand en nege-en-dertig sent (R304,39)” te vervang.

 

Inwerkingtreding van hierdie regulasies

6.    Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.

 

Oorgangsreëlings

7.    Regulasie 4 van hierdie regulasies is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van –

(1)    die 2006-kalenderjaar; of

(2)    die 2007-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.

 

(Geteken)
M E TSHABALALA-MSIMANG
MINISTER VAN GESONDHEID

 

     

Hierdie Web weergawe van hierdie Goewermentskennisgewing © S A Raad op Verpleging.

Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977 van 28 Junie 1983.

U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie kennisgewing maak. U mag vrylik uit hierdie kennisgewing kwoteer op voorwaarde dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys. U mag NIE afskrifte van hierdie kennisgewing verkoop nie.

Quick Links

Circular 5/2011
Annual Returns
(Get the forms)
Annual Fees 2012
(How much and how to pay)

 

 

 

© 2004 - 2011 South African Nursing Council (Established by the Nursing Act, 1978)
Disclaimer