Goewermentskennisgewing No. R.704
22 Julie 2005

 

Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging

 

Regulasies betreffende Rolle vir Verpleeghulpe: Wysiging

 

Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.

 

BYLAE

Woordomskrywing

1.    In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 1206 van 7 Julie 1972, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 1267 van 27 Julie 1973, R. 1856 van 8 Oktober 1976, R. 190 van 2 Februarie 1979, R. 2209 van 31 Oktober 1980, R. 817 van 30 April 1982, R. 2032 van 24 September 1982, R. 1421 van 1 Julie 1983, R. 1904 van 23 September 1988, R. 2193 van 6 September 1991, R. 1323 van 23 Julie 1993, R. 1129 van 28 Julie 1995, R. 1129 van 23 September 1999, R. 1303 van 5 Desember 2001, R. 150 van 24 Januarie 2003 en R. 860 van 13 Junie 2003.

 

Algemene wysigings

2.    Die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “verpleegassistente” deur die uitdrukking “verpleeghulpe” te vervang waar ook al dit voorkom.

3.    Die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “verpleegassistent” deur die uitdrukking “verpleeghulp” te vervang waar ook al dit voorkom.

 

Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies

4.    Regulasie 3 van die Regulasies word hierby gewysig deur –

(a)    die uitdrukking “eenhonderd-en-een rand en vyf-en-sewentig sent (R101,75), BTW uitgesluit” in subregulasie (1) deur die uitdrukking “eenhonderd-en-elf rand en veertig sent (R111,40), BTW uitgesluit” te vervang; en

(b)    die volgende subregulasie na subregulasie (6) in te voeg:

“(7) Die jaarlikse gelde in subregulasie (1) voorgeskryf, is onderhewig aan ‘n jaarlikse verhoging van nie meer nie as die gemiddelde jaarlikse persentasie verandering in die Verbruikersprysindeks (VPI) vir die vorige jaar.”

 

Wysiging van subregulasie (1) van regulasie 5 van die Regulasies

5.    Subregulasie (1) van regulasie 5 van die Regulasies word hierby gewysig deur –

(a)    die uitdrukking “vyftig rand (R50)” in paragraaf (a) deur die uitdrukking “twee-en-vyftig rand en drie-en-sestig sent (R52,63), BTW uitgesluit” te vervang; en

(b)    die uitdrukking “eenhonderd rand en agt-en-tagtig sent (R100,88), BTW uitgesluit” in paragraaf (b) met die uitdrukking “eenhonderd-een-en-tagtig rand en agt-en-vyftig sent (R181,58), BTW uitgesluit” te vervang.

 

Wysiging van opskrif van BYLAE A van die Regulasies

6.    Die opskrif van BYLAE A van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “VERPLEEGASSISTENT” deur die uitdrukking “VERPLEEGHULP” te vervang.

 

Inwerkingtreding van hierdie regulasies

7.    Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.

 

Oorgangsreëlings

8.    Paragraaf (a) van regulasie 4 van hierdie regulasies is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van –

(1)    die 2004-kalenderjaar; of

(2)    die 2005-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.

 

(Geteken)
M E TSHABALALA-MSIMANG
MINISTER VAN GESONDHEID
29.6.2005

     

Hierdie Web weergawe van hierdie Goewermentskennisgewing © S A Raad op Verpleging.

Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977 van 28 Junie 1983.

U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie kennisgewing maak. U mag vrylik uit hierdie kennisgewing kwoteer op voorwaarde dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys. U mag NIE afskrifte van hierdie kennisgewing verkoop nie.

Quick Links

Circular 5/2011
Annual Returns
(Get the forms)
Annual Fees 2012
(How much and how to pay)

 

 

 

© 2004 - 2011 South African Nursing Council (Established by the Nursing Act, 1978)
Disclaimer