|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Reëls Wat die Handelinge of Versuime, Ten Opsigte Waarvan die Raad Tugstappe Kan Doen, Uiteensit
Die Minister van Gesondheid en Welsyn het, op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, bepaal dat die handelinge of versuime bedoel in Artikel 35 van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet 50 van 1978), die handelinge of versuime is wat in die Reëls in die Bylae hiervan uiteengesit is.
BYLAE
HOOFSTUK 1
Woordomskrywings1. In hierdie reëls beteken "die Wet" die Wet op Verpleging, 1978 (Wet 50 van 1978), en het enige uitdrukking waaraan 'n betekenis in die Wet geheg is, dieselfde betekenis, en, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-
HOOFSTUK 2GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGES2. Behoudens die voorbehoudsbepaling in artikel 35, word hierby bepaal dat die handelinge of versuime in hierdie hoofstuk uiteengesit, geag handelinge of versuime te wees ten opsigte waarvan die raad tugstappe kragtens Hoofstuk 4 van die Wet teen 'n geregistreerde verpleegkundige kan doen.
Praktyk3. Opsetlike of nalatige versuim om sodanige handelinge ten opsigte van die diagnosering, behandeling, versorging, voorskryf, samewerking, verwysing, ko-ordinering en pasiëntvoorspraak as wat die bestek van sy beroep toelaat, uit te voer. 4. Opsetlike of nalatige versuim om die gesondheidstatus van 'n pasiënt wat onder sy sorg of beheer is, te handhaaf en om die naam, persoon en besittings van so 'n pasiënt te beskerm, deur-
5. Opsetlike of nalatige versuim om duidelike en akkurate rekords te hou van alle handelinge wat hy in verband met 'n pasiënt verrig. 6. Om voor te gee om die handelinge van 'n persoon geregistreer kragtens die Wet op Geneeshere, Tandartse en Aanvullende Gesondheidsdiensberoepe, 1974 (Wet 56 van 1974), en die Wet op Aptekers, 1974 (Wet 53 van 1974), te verrig, tensy die verpleegkundige ook in sodanige hoedanigheid geregistreer is.
Adverteer7. (1) Behoudens die bepalings van subreël (2) mag 'n verpleegkundige nie-
(2) Die volgende handelinge van 'n verpleegkundige word nie as adverteer beskou nie:
Naamplate8. (1) Die permanente spreekkamers van 'n verpleegkundige wat in private praktyk staan moet, en die permanente woonplek van so 'n verpleegkundige mag aangedui word alleenlik met 'n naamplaat soos in hierdie reël bepaal, wat nie groter mag wees nie as 360mm x 210mm en waarop alleenlik die verpleegkundige se-
mag verskyn: Met dien verstande dat waar 'n verpleegkundige verkies dat besonderhede betreffende telefoonnommers en spreekure nie op sodanige naamplaat aangebring word nie, 'n aparte plaat, nie groter nie as 360mm x 210mm, met die verpleegkundige se telefoonnommer(s) en spreekure daarop, direk onder sodanige naamplaat aangebring mag word. (2) (a) In die geval van 'n rondreispraktyk word die verpleegkundige se spreekkamers aangedui alleenlik met 'n naamplaat soos in subreël (1) bepaal, met die byvoeging van die dae en spreekure wanneer genoemde verpleegkundige by genoemde spreekkamers beskikbaar is. (b) Die verdere inligting in paragraaf (a) bepaal, mag op 'n aparte plaat of oppervlakte, wat nie groter as 360mm x 210mm mag wees nie, aangedui word. (3) Hoogstens een naamplaat kan vertoon word by elke ingang van 'n gebou waarin 'n verpleegkundige se spreekkamers geleë is en een aan of langs die deur van sodanige spreekkamers: Met dien verstande dat 'n naamplaat met die voorafverkreë goedkeuring van die raad op 'n buitemuur of pilaar van sodanige gebou aangebring mag word waar sodanige gebou nie oor geskikte fasiliteite vir die aanbring van 'n naamplaat beskik nie: Met dien verstande voorts dat die besonderhede in subreël (1) bepaal, met die voorafverkreë goedkeuring van die raad in 'n omraamde ruimte van 360mm x 210mm aangebring mag word op 'n glasvenster so na moontlik aan die ingang van die gebou waarin die spreekkamers geleë is, waar sodanige gebou oor geen fasiliteite vir die aanbring van 'n naamplaat beskik nie. (4) Waar daar in die voorportaal of op die grondvloer van 'n gebou waarin 'n verpleegkundige se spreekkamers geleë is, fasiliteite is vir die toon van die huurders se name, mag die verpleegkundige se titel, voorletters, van en beroep op sodanige plekke aangedui word. (5) 'n Plaat met net die voorletters en van van 'n verpleegkundige en 'n rigtingwyser daarop, mag in die gang van die vloer waar 'n verpleegkundige se spreekkamers geleë is, vertoon word. 9. (1) Indien 'n verpleegkundige die praktyk van 'n ander verpleegkundige oorneem of indien 'n vennoot in die praktyk afsterwe of uittree, kan die naamplaat van die betrokke voorganger, afgestorwe of uitgetrede vennoot vir hoogstens 12 maande na die datum van sodanige oorname, afsterwe of uittrede bly vertoon word, gedurende welke periode die naam van die persoon wat die praktyk oorgeneem het, op sodanige naamplaat moet verskyn. (2) Indien 'n verpleegkundige na spreekkamers by 'n nuwe adres verhuis, mag 'n kennisgewing te dien effekte, met vermelding van die nuwe adres van sy spreekkamers, vir hoogstens 12 maande na die datum van sodanige verhuising, by sy vorige adres vertoon word.
Skryfbehoeftes (insluitende visitekaartjies)10. Slegs die volgende inligting mag op professionele skryfbehoeftes verskyn:
Werwing11. 'n Verpleegkundige mag nie, hetsy persoonlik of deur bemiddeling van 'n agent of op enige ander manier, 'n pasiënt vir homself of vir enige ander persoon werf of lok nie.
Rondreispraktyk12. (1) 'n Rondreispraktyk mag beoefen word waar 'n verpleegkundige op 'n gereelde basis in sodanige praktyk 'n volle en bevredigende diens aan sy pasiënte lewer. (2) Sodanige diens moet ten minste een keer per maand gelewer word en moet soortgelyk wees aan die diens wat hy lewer in die plek waar hy sy hoofpraktyk beoefen. (3) Behoudens die bepalings van reël 8(2)(a) en (b) mag 'n verpleegkundige sy voorneme om 'n plek te besoek, bekendmaak aan die persone genoem in reël 7(2)(a) en (b).
Finansiële belang13. 'n Verpleegkundige mag nie-
Sertifikate14. (1) 'n Sertifikaat wat van 'n verpleegkundige in sy professionele hoedanigheid verlang word, kan alleenlik deur sodanige verpleegkundige uitgereik word indien hy as verpleegkundige, as gevolg van sy persoonlike waarneming of as gevolg van wat die pasiënt hom meegedeel het, daarvan oortuig is dat die feite in so 'n sertifikaat vermeld, korrek is. (2) Waar sodanige sertifikaat alleenlik op grond van die mededeling van 'n pasiënt of ander persoon uitgereik is, moet sodanige feit spesifiek in sodanige sertifikaat vermeld word.
Professionele geheimhouding15. (1) Behoudens die bepalings van subreël (2) mag 'n verpleegkundige geen inligting aangaande 'n pasiënt, wat in sy professionele hoedanigheid tot sy kennis gekom het, bekendmaak nie. (2) Hierdie reël is nie van toepassing nie indien sodanige inligting bekendgemaak word-
Geneesmiddels, apparate en prosesse16. Geen gebruik mag in 'n praktyk gemaak word nie van-
Verhindering17. 'n Verpleegkundige mag nie 'n pasiënt of 'n persoon wat regmatig namens 'n pasiënt optree, wat die advies van of behandeling deur 'n ander persoon wil verkry wat by wet gemagtig is om persone aangaande hul gesondheid te adviseer of te behandel, verhinder om met sodanige persoon te konsulteer nie.
Handelinge en vertoning van sertifikate18. (1) Behalwe in geval van nood mag 'n verpleegkundige nie 'n handeling verrig-
(2) 'n Verpleegkundige mag nie-
(3) 'n Praktisyn mag slegs die volgende sertifikate in sy spreekkamers vertoon:
(4) 'n Verpleegkundige moet die registrasiesertifikaat wat ingevolge die Wet aan hom uitgereik is, duidelik in sy spreekkamers vertoon.
Samewerking, vennootskap en dienskontrakte19. (1) Behoudens die bepalings van subreël (2) mag 'n verpleegkundige nie in die beoefening van sy geregistreerde beroep-
(2) Subreël (1) is nie van toepassing in noodgevalle nie.
Tender20. 'n Verpleegkundige mag nie vir 'n voltydse, deeltydse of enige ander soort verpleegkundige aanstelling tender nie.
Supersessie21. 'n Verpleegkundige mag nie-
Vertraging in die verkryging van geneeskundige hulp22. Ooreenkomstig die vereistes van die omstandighede en die erns van 'n pasiënt se toestand, mag 'n verpleegkundige nie versuim-
Professionele reputasie van ander persone23. 'n Verpleegkundige mag nie ongeregverdigde insinuasies, uitdruklik of by implikasie, op die eerbaarheid of professionele reputasie, vaardigheid, kennis, dienste of kwalifikasies van enige persoon wat onder die Wet of enige ander wet geregistreer of ingeskryf is, maak nie.
Verhouding tot die raad, sy lede en amptenare24. 'n Verpleegkundige mag nie enige opsetlike handeling verrig wat daarop bereken is om-
Uitbuiting25. 'n Verpleegkundige mag nie toelaat dat hy op 'n manier wat nadelig is vir die openbare of professionele belang uitgebuit word nie.
Herroeping26. Die regulasies gepubliseer onder Goewermentskennisgewing R.1650 van 14 September 1973, soos gewysig deur Goewermentskennisgewing R.481 van 10 Maart 1978, word hierby herroep.
HOOFSTUK 3GEREGISTREERDE VROEDVROUE27. Behoudens die voorbehoudsbepaling van artikel 35, word hierby bepaal dat die handelinge of versuime in hierdie hoofstuk uiteengesit, geag word handelinge of versuime te wees ten opsigte waarvan die raad tugstappe ingevolge Hoofstuk 4 van die Wet teen 'n geregistreerde vroedvrou kan doen. 28. Reëls 7 tot 25 is mutatis mutandis op 'n geregistreerde vroedvrou van toepassing. 29. Opsetlike of nalatige versuim om sodanige handelinge ten opsigte van monitering, diagnosering, behandeling, versorging, voorskryf, samewerking, verwysing, koördinering en pasiëntvoorspraak uit te voer as wat die bestek van sy beroep toelaat. 30. Opsetlike of nalatige versuim om die naam, persoon en besittings van 'n moeder en kind onder sy sorg of toesig in die loop van swangerskap, baring en die puerperium te beskerm deur-
31. Opsetlike of nalatige versuim om duidelike en akkurate rekords te hou van die verloop van swangerskap, baring en die puerperium en alle handelinge wat hy in verband met 'n moeder en kind verrig. 32. Versuim om te voldoen aan die voorwaardes waaronder hy sy beroep mag beoefen, soos afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.2488 van 26 Oktober 1990. 33. Voorgee om die handelinge te verrig van 'n persoon wat ingevolge die Wet op Geneeshere, Tandartse en Aanvullende Gesondheidsdiensberoepe, 1974 (Wet No. 56 van 1974), of die Wet op Aptekers, 1974 (Wet No. 53 van 1974), geregistreer is, tensy die geregistreerde vroedvrou ook in sodanige hoedanigheid geregistreer is.
HOOFSTUK 4INGESKREWE VROEDVROUE34. Behoudens die voorbehoudsbepaling van artikel 35, word hierby bepaal dat die handelinge of versuime in hierdie hoofstuk uiteengesit, geag word handelinge of versuime te wees ten opsigte waarvan die raad tugstappe ingevolge Hoofstuk 4 van die Wet teen 'n ingeskrewe vroedvrou kan doen. 35. Reëls 7 tot 25 is mutatis mutandis op 'n ingeskrewe vroedvrou van toepassing. 36. Opsetlike of nalatige versuim om gesondheidsbehoeftes te identifiseer en die gesondheid van moeder en kind te bevorder deur sodanige handelinge en prosedures as wat die bestek van sy praktyk toelaat. 37. Opsetlike of nalatige versuim om die naam, persoon en besittings van 'n moeder en kind onder sy sorg of toesig te beskerm deur-
38. Versuim om te voldoen aan die voorwaardes waaronder hy sy beroep mag beoefen, soos afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.2488 van 26 Oktober 1990. 39. Voorgee om die handelinge te verrig van 'n persoon wat ingevolge die Wet, die Wet op Geneeshere, Tandartse en Aanvullende Gesondheidsdiensberoepe, No. 56 van 1974, of die Wet op Aptekers, No. 53 van 1974, geregistreer is.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |