|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op VerplegingRegulasies Betreffende die Gedrag van Ingeskrewe Verpleegassistente wat Onbetaamlike of Skandelike Gedrag UitmaakDie Minister van Gesondheid het kragtens artikel 11(1) van die Wet op Verpleging, 1957 (Wet 69 van 1957), soos gewysig, sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies betreffende die gedrag van ingeskrewe verpleegassistente wat onbetaamlike of skandelike gedrag uitmaak, wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is: Opmerking (i). - Die aandag word op artikel 22 van die Wet, wat soos volg lees, gevestig:
Opmerking (ii). - Die aandag word op artikel 1(xxii) van die Wet, wat soos volg lees, gevestig:
Praktyk1. 'n Ingeskrewe verpleegassistent voer die verpleegsorg uit wat sy inskrywing toelaat, onder direkte of indirekte toesig of aanwysing van 'n geregistreerde verpleegster of 'n ingeskrewe verpleegster of waar toepaslik, onder direkte of indirekte toesig van 'n geneesheer of 'n tandarts of op sy aanwysing of skriftelike of mondelinge voorskrif.
Adverteer1A. (1) 'n Ingeskrewe verpleegassistent adverteer nie vir professionele voordeel, of laat so 'n advertensie toe nie, behalwe deur sy naam, adres, telefoonnommer, werksure en ingeskrewe kwalifikasie in so 'n advertensie aan te dui. (2) 'n Ingeskrewe verpleegassistent adverteer geen ander persoon (of so 'n persoon ingevolge die Wet geregistreer of ingeskryf is, of ingevolge die Wet op Geneeshere geregistreer is, al dan nie) of 'n produk of saak of inrigting of organisasie van watter aard ook al, vir watter doel ook al en op watter wyse ook al, of laat toe dat sy naam of foto (in uniform, al dan nie) in so 'n advertensie gebruik word nie.
Kontrakbreuk2. 'n Ingeskrewe verpleegassistent verbreek nie sonder goeie gronde 'n dienskontrak wat hy aangegaan het nie.
Beroepsnaam van Geregistreerde en Ingeskrewe Persone3. 'n Ingeskrewe verpleegassistent maak nie opsetlik uitdruklik of by implikasie toespelings op die eerbaarheid of beroepsnaam of professionele bekwaamheid van 'n persoon wat ingevolge die Wet geregistreer of ingeskryf is, of wat ingevolge die Wet op Geneeshere geregistreer is nie.
Professionele Geheimhouding4. 'n Ingeskrewe verpleegassistent hou te alle tye by die beginsels van professionele geheimhouding.
Minagting van die Raad, sy Lede en Amptenare5. 'n Ingeskrewe verpleegassistent verrig nie opsetlik 'n handeling of versuim ter minagting of tot diskrediet van die Raad, of enigeen van sy lede of amptenare, of wat die werk van die Raad sal strem nie.
Toepassing van die Gebied Suidwes-Afrika6. Hierdie regulasies is ook in die Gebied van toepassing.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |