|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies vir die Ondersoek van Beweerde Wangedrag en die Hou van Ondersoeke
Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 11(1) van die Wet op Verpleging (Wet 69 van 1957), sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies vir die ondersoek van beweerde wangedrag en die hou van ondersoeke wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is ter vervanging van die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewing R.934 van 28 Junie 1963:
Interpretasie1. In hierdie regulasies, tensy die samehang anders aandui-
Delegeer van magte1A. Ingevolge artikel 8 van die Wet, delegeer die raad sy magte kragtens artikels 22, 23 en 25 van die Wet soos volg:
Tugkomitee2. (1) Die raad soos op die datum van publikasie van hierdie wysigings saamgestel, moet op die eerste vergadering na daardie datum 'n komitee aanstel wat vir die onverstreke tydperk van die ampstermyn van die raad dien. (2) Elke nuutsaamgestelde raad stel by sy eerste vergadering 'n komitee aan wat vir die ampstermyn van die raad dien. (3) Die komitee bestaan uit die president ampshalwe en ses (6) ander lede. Minstens vier (4) van die sewe (7) lede moet ingevolge die Wet geregistreer wees. (4) Met die uitsondering van die president, word 'n lid van die ondersoekkomitee nie op die komitee aangestel nie. (5) Nieteenstaande die bepalings van paragraaf (3), moet die uitvoerende komitee op versoek van die president of die ondersoekkomitee addisionele lede tot die komitee vir 'n besondere ondersoek aanstel. (6) Gelyktydig met die aanstelling van die komitee, word 'n voorsitter en 'n sekundus uit die lede van die komitee deur die raad aangestel. In die afwesigheid van die voorsitter, tree die sekundus as voorsitter op. In die afwesigheid van beide die voorsitter en die sekundus moet die komitee met die registrateur as voorsitter, uit sy geledere 'n voorsitter kies. (7) Die kworum by enige vergadering van die komitee is vyf (5) lede, van wie minstens drie (3) ingevolge die Wet geregistreer moet wees. (8) By 'n staking van stemme het die voorsittende lid, benewens 'n beraadslagende stem, ook 'n beslissende stem. (9) 'n Lid wat op enige stadium van die verrigtinge by 'n ondersoek afwesig is, hou op om 'n lid van die komitee vir daardie ondersoek te wees; met dien verstande dat die kworum behou word. (10) Indien 'n vakature op die komitee ontstaan, stel die raad op die eerste vergadering daarna 'n ander lid aan vir die onverstreke tydperk van die raad se ampstermyn.
Ondersoekkomitee3. (1) Elke nuutsaamgestelde raad stel by sy eerste vergadering 'n ondersoekkomitee aan wat vir die ampstermyn van die raad sal dien. (2) Die ondersoekkomitee bestaan uit die president, wat voorsitter van die komitee is, en twee (2) ander lede. Minstens twee (2) lede moet ingevolge die Wet geregistreer wees. Die raad stel 'n vise-voorsitter aan wat in die afwesigheid van die president as voorsitter optree. (3) Die kworum van die ondersoekkomitee is twee (2) lede. (4) Indien 'n vakature op die ondersoekkomitee ontstaan, stel die raad op die eerste vergadering na die ontstaan van die vakature, 'n ander lid vir die onverstreke gedeelte van die raad se ampstermyn op die ondersoekkomitee aan.
Indiening van klagtes4. 'n Persoon wat 'n klagte, of beskuldiging of bewering van onbetaamlike of skandelike gedrag aanhangig maak, moet by die registrateur 'n skriftelike verklaring, waar moontlik in die vorm van 'n beëdigde verklaring waarin die spesifieke handelinge of versuime waaroor klag gemaak word, kernagtig uiteengesit word, indien en moet bereid wees om getuienis ter stawing daarvan te lewer.
Ondersoek van klagtes5. (1) Nadat hy verdere inligting van die klaer aangevra het en/of verdere ondersoek wat hy nodig mag ag, ingestel het, lê die registrateur die saak aan die president voor of aan die ondersoekkomitee as die president nie kan optree nie. (2) Die president moet-
Met dien verstande dat die president voordat hy optree, aan die registrateur opdrag kan gee-
(3) Die ondersoekkomitee moet-
Met dien verstande dat die ondersoekkomitee voordat hy optree, aan die registrateur opdrag kan gee-
Regsverteenwoordiging - klaer en beskuldigde6. By alle verrigtinge kragtens hierdie regulasies kan die klaer en die beskuldigde deur 'n advokaat of prokureur of professionele vereniging of arbeidsorganisasie verteenwoordig word; met dien verstande dat die registrateur skriftelik van die naam van die advokaat of prokureur of professionele vereniging of arbeidsorganisasie in kennis gestel word.
Dagvaarding - beskuldigde7. (1) Indien daar op 'n ondersoek besluit word, reik die registrateur 'n dagvaarding so na as moontlik in die vorm van Bylae A uit, wat op dieselfde wyse aan die beskuldigde beteken word as sou dit 'n dagvaarding deur 'n landdroshof wees, of deur die pos aan hom na sy geregistreerde adres gestuur word. (2) Afskrifte van die dagvaarding, tesame met afskrifte van ander relevante dokumente, word aan die lede van die komitee verskaf.
Dagvaarding - getuienis8. Wanneer 'n klaer of 'n beskuldigde verlang dat getuienis gedagvaar word, reik die registrateur dagvaardings so na as moontlik in die vorm van Bylae B uit. Die registrateur kan van die persoon op wie se aandrang 'n getuie gedagvaar word, vereis om 'n bedrag wat die koste daaraan verbonde dek, by die raad te deponeer. Getuienisgelde word teen die tarief betaalbaar by kriminele sake in die landdroshof, bereken.
Uitstel van verhoor9. Die komitee kan die verhoor van 'n ondersoek uitstel tot 'n tyd en plek en op die voorwaardes wat hy mag besluit. Verdere uitstellings kan gedoen word.
Verdaging van verhoor10. Die komitee kan op enige stadium van die verrigtinge die verhoor van 'n ondersoek verdaag tot 'n tyd en plek en op die voorwaardes wat hy mag besluit. Verdere verdagings kan gedoen word.
Prosedure tydens ondersoeke11. (1) Ondersoeke word in die openbaar gehou, met dien verstande dat die komitee kan gelas dat die hele verhoor of enige deel van die verrigtinge agter geslote deure gehou word. (2) 'n Beslissing van die komitee oor enige punt wat voortspruit in verband met of tydens die verloop van 'n ondersoek kan agter geslote deure geneem word. Die beslissing van die komitee word in die openbaar afgekondig. (3) Wanneer die beskuldigde verskyn, is die prosedure soos volg:
(4) Wanneer die beskuldigde nie verskyn nie, is die prosedure soos volg:
Getuienis12. (1) Mondelinge getuienis word onder eed of plegtige bevestiging, wat deur die voorsitter opgelê word, afgeneem. (2) Die klaer en die beskuldigde kan getuies ondervra of onder kruisverhoor neem. (3) Die voorsitter en die lede van die komitee, deur die voorsitter, kan vrae aan die getuienis stel. (4) Die komitee kan op enige stadium van die verrigtinge 'n persoon roep of terugroep om getuienis te lewer. (5) Die rekord of deel van die rekord van die verrigtinge in enige hof, insluitende verrigtinge by geregtelike doodsondersoeke, kan as getuienis ingelewer word deur 'n afskrif gewaarmerk deur die klerk of registrateur van die oorkondehof voor te lê, met dien verstande dat die komitee kan gelas dat enige getuie of al die getuies wie se getuie in so 'n rekord of deel van 'n rekord voorkom, gedagvaar moet word om getuienis te lewer. (6) Beëdigde verklarings is as getuienis toelaatbaar, met dien verstande dat die komitee kan gelas dat 'n deponent gedagvaar word om getuienis te lewer.
Prosedure by afsluiting van die saak13. (1) By afsluiting van die saak beraadslaag die komitee agter geslote deure oor die bevinding. (2) (a) Die partye word in die openbaar van die bevinding verwittig. Indien dit 'n skuldigbevinding is, moet die komitee sê of die beskuldigde aan onbetaamlike of skandelike gedrag skuldig bevind is. (b) Wanneer die beskuldigde onder verskillende hoofde, afsonderlik of in die alternatief, aangekla word, moet die komitee onder elke hoof tot 'n bevinding geraak. (3) By 'n skuldigbevinding bring die klaer getuienis by deur middel van 'n sertifikaat deur die registrateur, van enige vorige skuldigbevindings ingevolge die Wet. Die beskuldigde kan die sertifikaat betwis, in welke geval die rekord van die ondersoeke waartydens die beskuldigde skuldig bevind was, voorgelê moet word. (4) Die klaer en die beskuldigde kan dan die komitee oor die vraag van die vonnis toespreek. (5) Die komitee beraadslaag agter geslote deure oor die straf en verwittig die partye in die openbaar van die straf wat opgelê is. (6) (a) Indien die straf is soos in artikel 25(b) of (c) van die Wet bepaal, kan die raad die vonnis bekragtig of verminder of die saak na die komitee terugverwys vir verdere oorweging en verslag. (b) Die beskuldigde kan skriftelike vertoë aan die raad voorlê ter versagting. (c) Die besluit van die raad word in die openbaar afgekondig en die registrateur verwittig die partye skriftelik van die besluit.
Obstruksie of interrupsie van verrigtinge14. (1) 'n Persoon wat die verrigtinge tydens 'n ondersoek dwarsboom of dit interrumpeer, of enige lid of amptenaar van die raad beledig, of hom op enige wyse wangedra-
Rekord van die verrigtinge tydens 'n ondersoek15. (1) 'n Rekord word gehou van die verrigtinge tydens 'n ondersoek. (2) Die rekord van die verrigtinge tydens die ondersoek is onder toesig van die registrateur by die raad se kantoor gedurende werksure ter insae aan enige belanghebbende persoon, wat 'n afskrif van die rekord kan maak. (3) 'n Afskrif van die rekord van die verrigtinge tydens 'n ondersoek kan deur die klaer en die beskuldigde verkry word teen 'n betaling waarop die raad besluit.
Verslag aan die Raad16. Die komitee doen aan die raad verslag deur voorlegging van 'n afskrif van die rekord van die verrigtinge.
Toepassing op die gebied Suidwes-Afrika17. Hierdie regulasies is ook in die gebied van toepassing.
BYLAE AVORM VAN DAGVAARDING - BESKULDIGDEAan . . . . . . . . . . Hiermee word u gedagvaar om om . . . . . . . . . . uur voormiddag/namiddag op die . . . . . . . . . . dag van . . . . . . . . . . , 19 . . . . . . . . . . te . . . . . . . . . . voor die tugkomitee van die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad te verskyn, wanneer die volgende aanklag wat deur . . . . . . . . . . teen u aanhangig gemaak is, oorweeg sal word:
Indien u versuim om te verskyn, kan die komitee die klagte in u afwesigheid ooreenkomstig die regulasies vir die ondersoek van beweerde wangedrag en die hou van ondersoeke, oorweeg en afhandel. Indien u verlang dat u brief van . . . . . . . . . . of enige skriftelike mededeling wat u mag indien u verduideliking of verdediging moet uitmaak, geliewe my so gou moontlik en nie later nie as . . . . . . . . . . dienooreenkomstig in kennis te stel, dog u word hierby gewaarsku dat so 'n mededeling as getuienis aangewend kan word. 'n Afskrif van die regulasies vir die ondersoek van beweerde wangedrag en die hou van ondersoeke word hierby ingesluit. Onder die hand van die Registrateur van die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gegee op hierdie . . . . . . . . . . dag van . . . . . . . . . . , 19 . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . .
BYLAE BVORM VAN DAGVAARDING - GETUIESAan . . . . . . . . . . U word hiermee gelas om, om . . . . . . . . . . uur in die voormiddag/namiddag van die . . . . . . . . . . dag van . . . . . . . . . . , 19 . . . . . . . . . . persoonlik voor die tugkomitee van die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad te verskyn in die saak van 'n ondersoek ingevolge artikel 22 van die Wet op Verpleging, 1957 (Wet 69 van 1957), in verband met die gedrag van 'n sekere . . . . . . . . . . wat kragtens genoemde Wet as 'n . . . . . . . . . . ingeskryf/geregistreer is en om die verskillende boeke, rekords, stukke en voorwerpe wat in die lys hieronder gespesifiseer word met u saam te bring en dit op die voormelde plek en tyd voor te lê en om op daardie tyd en daardie plek te getuig van alles en afsonderlik waarvan u met betrekking tot die genoemde ondersoek kennis dra. Lys van boeke, rekords, stukke en voorwerpe wat voorgelê moet word
. . . . . . . . . . Onder die hand van die Registrateur van die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gegee op hierdie . . . . . . . . . . dag van . . . . . . . . . . , 19 . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . L.W. - Aandag word gevestig op artikel 23(3)(c) van die Wet op Verpleging, 1957, wat soos volg lees:
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |