|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op VerplegingRegulasies vir die Kursus vir die Diploma in VerpleegadministrasieDie Minister van Gesondheid en Welsyn het, op die aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, kragtens artikel 45(1) en (4) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet 50 van 1978), die regulasies in die Bylae hiervan, uitgevaardig.
BYLAEVoorwaardes vir goedkeuring van skole1. (1) 'n Skool word goedgekeur indien-
(2) Dosente moet kwalifikasies besit wat deur die raad goedgekeur is. 2. Nieteenstaande die vereistes in hierdie regulasie vervat kan die raad 'n skool goedkeur selfs al kan daar aan een of meer van die voorwaardes nie voldoen word nie.
Toelating tot die kursus3. 'n Kandidaat moet aan die persoon in beheer van die skool voorlę-
Registrasie, herregistrasie, staking en voltooiing van die kursus4. Behoudens die regulasies betreffende die register vir studente uitgevaardig kragtens Goewermentskennisgewing R. 3735, gedateer 14 November 1969-
Duur van kursus5. (1) Die kursus duur minstens 200 dae (diensvry-dae uitgesluit) wat binne 'n tydperk van twee jaar voltooi moet word tensy die raad anders bepaal; (2) die kursus word van nuuts af hervat indien 'n student van een skool na 'n ander oorplaas tensy die raad anders bepaal.
Die leergang6. (1) Die leergang vir die kursus bestaan uit die volgende vier vakke:
(2) Al die vakke van die leergang moet dwarsdeur die kursus op toegepaste vlak gedoseer word. (3) Die volgende wette en regulasies moet ook op toegepaste grondslag dwarsdeur die kursus gedoseer word:
(4) Die maatskaplike, kulturele en sielkundige verwantskappe in gesondheidsdienslewering sowel as die voorkomende, bevorderende, kuratiewe en rehabilitatiewe aspekte moet by die onderrig van studente beklemtoon word.
Lesings, demonstrasies en praktika7. 'n Student moet-
Die eksamen en eksamenpunte8. (1) Die eksamen bestaan uit een drie-uur skriftelike vraestel in elk van die vakke in regulasie 6 vermeld. (2) Suksesvolle kandidate word as "geslaag" of "met lof geslaag" aangedui. (3) Om te slaag, moet 'n kandidaat minstens 50 persent van die puntetal vir elke vak behaal. (4) Om met lof te slaag, moet 'n kandidaat minstens 75 persent van die totale puntetal behaal van die vier vakke. (5) Kandidate word nie in volgorde van verdienste geplaas nie en plekke word nie openbaar gemaak nie, tensy dit in verband is met 'n prys of toekenning deur die raad goedgekeur. (6) Nieteenstaande die voorwaardes in hierdie regulasie voorgeskryf, kan die raad na goeddunke, afwykings daarvan toelaat.
Toelating tot die eksamen9. (1) 'n Kandidaat dien by die raad in-
(2) 'n Kandidaat wat nie binne een jaar na die datum van voltooiing van die kursus die eksamen aflę nie, moet verdere onderrig waarop die raad mag besluit, deurloop voor toelating tot die eksamen.
Hertoelating tot die eksamen10. (1) 'n Kandidaat wat druip moet binne een jaar vanaf die datum van die eksamen waarin die kandidaat onsuksesvol was, weer vir die eksamen inskryf, by versuim waarvan die kandidaat verdere onderrig waarop die raad mag besluit, voor hertoelating moet deurloop. (2) 'n Kandidaat behou krediet vir enige vak geslaag; met dien verstande dat indien die diploma nie binne drie jaar vanaf die aanvang van die kursus behaal word nie, alle krediete verval en die kandidaat opnuut vir die kursus moet inskryf. (3) 'n Kandidaat wat by 'n tweede of daaropvolgende poging in die eksamen druip, moet opnuut vir die kursus inskryf tensy die raad anders besluit.
Datums van eksamens, aansoek om toelating en hertoelating en eksamengelde11. (1) Die persoon in beheer van 'n skool moet die raad onmiddellik, met vermelding van redes, in kennis stel indien 'n kandidaat na indiening van 'n aansoek ingevolge hierdie regulasie, nie meer tot 'n eksamen toegelaat of hertoegelaat word nie. (2) Die eksamen word twee keer per jaar in die maande Mei en November afgeneem en aansoeke om toelating en hertoelating moet voor of op 7 Maart en 7 September van die betrokke jaar onderskeidelik, by die raad ingedien word. (3) Eksamengelde van vyf-en-twintig rand (R25) per drie-uur vraestel word by aansoek om toelating of hertoelating tot die eksamen aan die raad betaal. (4) 'n Aansoek wat nie later as sewe dae na sodanige datum ingedien word nie, word slegs by betaling van addisionele gelde van vyftien rand (R15) aangeneem. (5) 'n Aansoek wat later as sewe dae na sodanige datum ingedien word, word nie aanvaar nie. (6) 'n Aansoek om toelating of hertoelating word nie as ingevolge hierdie regulasie ingedien beskou nie, tensy 'n behoorlik ingevulde aansoekvorm, tesame met die voorgeskrewe sertifikate, die eksamengelde en waar van toepassing, die addisionele gelde in subregulasie (4) voorgeskryf, die raad bereik het. (7) Eksamengelde bedoel in subregulasies (3) en (4) word verbeur indien 'n inskrywing gekanselleer word of indien 'n kandidaat van 'n eksamen afwesig is, tensy die raad anders bepaal.
Eksamensentrums12. Sentrums word op plekke wat die raad mag bepaal, daargestel.
Registrasie van addisionele kwalifikasie13. Aan 'n kandidaat wat die eksamen geslaag het, word 'n sertifikaat van registrasie van die addisionele kwalifikasie sonder die betaling van enige gelde uitgereik; met dien verstande dat die kennisgewing in regulasie (4)(c) voorgeskryf, ingedien is.
Toepassing van hierdie regulasies14. Hierdie regulasies is van toepassing op kandidate wat op of na die datum van publikasie hulle kursusse begin of hervat: Met dien verstande dat die raad studente wat voor die datum van publikasie met die kursus begin het, kan toelaat om hulle kursus ingevolge hierdie regulasies voort te sit.
Herroeping van vorige regulasies15. Die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing R. 3902 van 12 Desember 1969, soos gewysig deur Goewermentskennisgewings R. 260 van 14 Februarie 1975, R. 1661 van 3 Augustus 1979, R. 2198 van 31 Oktober 1980 en R. 55 van 22 Januarie 1982 word hierby herroep.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |