|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op VerplegingRegulasies vir die Kursus vir die Diploma in Psigiatriese Verpleegkunde vir Registrasie as 'n Psigiatriese Verpleegster/VerpleërDie Minister van Gesondheid het kragtens artikel 11 (1) van die Wet op Verpleging (Wet 69 van 1957), soos gewysig, sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies vir die kursus vir die diploma in psigiatriese verpleegkunde vir registrasie as 'n psigiatriese verpleegster/verpleër wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is ter vervanging van die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewing R. 8 van 2 Januarie 1970, soos gewysig deur Kennisgewings R. 1383 van 13 Augustus 1971 en R. 252 van 14 Februarie 1975:
Voorwaardes vir die goedkeuring van skole1. (1) 'n Skool kan goedgekeur word indien-
(2) Nieteenstaande die voorwaardes in hierdie regulasies voorgeskryf, kan die Raad 'n skool goedkeur al kan daar nie aan al die voorwaardes voldoen word nie. Goedkeuring kan op voorwaardes wat die Raad mag bepaal, verleen word.
Toelating tot die kursus2. 'n Kandidaat moet by die persoon in beheer van die skool indien-
Registrasie, terugplasing, staking en voltooiing van die kursus3. Ingevolge die regulasies betreffende die registers vir studente-
Duur van die kursus4. (1) Behalwe soos anders in regulasie 7 voorgeskryf, is die duur van die kursus drie (3) jaar. Die afwesigheidsverlof wat ingevolge paragraaf 2 toegestaan mag word en die siekteverlof vat ingevolge paragraaf (3)(a) toegestaan mag word, is by hierdie tydperk ingesluit [nie addisionele siekteverlof wat ingevolge paragraaf (3) (b) toegestaan kan word nie]. (2) Afwesigheidsverlof kan soos volg aan 'n student toegestaan word op tye gedurende die voorgeskrewe kursus waarop die persoon in beheer van die skool mag besluit:
(3) (a) Siekteverlof bereken teen 'n koers van twaalf (12) dae vir elke jaar van die kursus, kan aan 'n student toegestaan word en 'n proporsionele aantal dae in 'n korter tydperk. Siekteverlof kan op enige tydstip gedurende die voorgeskrewe kursus toegestaan word. (b) Addisionele siekteverlof kan toegestaan word, maar hierdie siekteverlof moet ingewerk word sodat die voorgeskrewe tydperk vir die kursus voltooi word. (4) (a) Die kursus word van nuuts af hervat indien 'n onderbreking voor voltooiing van ses (6) maande van die voorgeskrewe kursus voorkom, tensy die Raad anders bepaal. (b) Geen erkenning vir vorige onderrig vir enige jaar van die kursus word verleen indien daar meer as een onderbreking in daardie jaar voorkom nie, tensy die Raad anders bepaal. (c) Die tydperk van enige onderbreking moet ingewerk word, sodat die voorgeskrewe tydperk vir die kursus voltooi word. (d) Vir doeleindes van hierdie regulasie beteken die uitdrukking "onderbreking"-
Die leergang(Die leergang moet saam met die direktief wat 5. Opmerking.-
(1) Eerste jaar:
(2) Tweede jaar:
(3) Derde Jaar:
Lesings, Kliniese Onderrig en Praktika6. (1) Behalwe soos anders in regulasie 7 voorgeskryf, moet 'n student dwarsdeur die kursus sowel teoretiese as kliniese onderrig in die vakke soos in die leergang in regulasie 5 voorgeskryf, ontvang. (2) (a) Die kliniese onderrig en praktika moet oor minstens drieduisend eenhonderd-en-sestig (3 160) uur strek [minstens vyfhonderd (500) uur in die eerste jaar] wat minstens insluit (die tydperke hoef nie aaneenlopend te wees nie)-
(b) Die balans van die voorgeskrewe tydperk vir die kursus word na goeddunke van die persoon in beheer van die skool toegewys. (3) Studente moet onder toesig departemente en maatskaplike werksaamhede betrokke by die volgende, besoek-
(4) (a) 'n Student moet kliniese onderrig met insluiting van praktika in die sale en afdelings ontvang in die verpleging van pasiënte in die nag vir minstens 'n twaalfde (1/12) maar hoogstens 'n kwart (1/4) van die voorgeskrewe tydperk vir die kursus. Die tydperke hoef nie aaneenlopend te wees nie. (b) Indien die kursus oor nege (9) maande of een (1) jaar strek, is die tydperk minstens twee (2) weke en hoogstens een (1) maand.
Vrystellings(Kyk oor regulasies 6, 9 en 12) 7. (1) Studente na wie in hierdie regulasie verwys word-
(2) 'n Student wat 'n geregistreerde algemene verpleegster/verpleër is-
(3) 'n Student wat 'n geregistreerde algemene verpleegster/verpleër is en in besit is van 'n universiteitsgraad wat minstens twee (2) kursusse in sosiologie of minstens twee (2) kursusse in sielkunde ingesluit het-
(4) 'n Student in subregulasies (2) en (3) bedoel wat ingevolge 'n ander kwalifikasie as die‚ bedoel in Goewermentskennisgewing No. R. 879 van 2 Mei 1975 vir registrasie as 'n algemene verpleegkundige gekwalifiseer het, moet, behoudens die bepalings van daardie subregulasies, saam met die aansoek om toelating tot die eindeksamen 'n sertifikaat deur die persoon in beheer van die verpleegskool indien dat die student minstens 50% behaal het in 'n eksamen wat deur die verpleegskool afgeneem is in die vakke-
(5) Die Raad kan ander vrystellings verleen. (6) (a) Die eindeksamen bestaan uit twee gedeeltes, naamlik-
(b) Die eksamen in paragraaf (a) bedoel, word ooreenkomstig die regulasies betreffende eksamens van die raad afgeneem, en vir die toepassing van daardie regulasies word hierdie kursus 'n basiese kursus genoem.
Eksamens, eksamenpunte, hernasiening8. (1) Die eksamen vir die eerste jaar bestaan uit:
(2) Die eksamen vir die tweede jaar bestaan uit:
(3) Die eindeksamen bestaan uit:
(4) (a) Om in 'n vak te slaag, moet 'n kandidaat minstens vyftig (50) persent van die totale punte behaal. Van die totale punte vir die eksamens in die vak Psigiatriese Verpleegkunde en Kliniese Praktika, word vyftig (50) persent in die eerste jaar, drie-en-dertig en een-derde (331/3) persent in die tweede jaar en vyf-en-twintig (25) persent in die finale jaar aan die mondelinge eksamens wat deur die skole afgeneem word, toegeken. (b) Om met onderskeiding in 'n vak te slaag, moet 'n kandidaat minstens vyf-en-sewentig (75) persent van die totale punte behaal. (c) Om die kursus met lof te slaag, moet 'n kandidaat minstens vyf-en-sewentig (75) persent van die totale punte vir die eindeksamen behaal; met dien verstande dat die kandidaat minstens vyf-en-sestig (65) persent van die totale punte in elke vak behaal. (d) Kandidate word nie in volgorde van verdienste geplaas nie en plekke word nie openbaar gemaak nie tensy dit in verband is met 'n prys of toekenning deur die raad goedgekeur. (5) (a) 'n Kandidaat wat druip in 'n vak in 'n eksamen deur die Raad afgeneem, kan om hernasiening aansoek doen deur 'n aansoek en gelde van vyftien rand (R15) binne een-en-twintig (21) dae na die datum van publikasie van die uitslae in te dien. (b) Die hernasiening word deur die moderator gedoen. (c) Die punte wat by hernasiening toegeken word, is finaal en bindend. (d) Gelde word nie terugbetaal nie, wat die uitslag van die hernasiening ook al mag wees.
Toelating tot die eksamens(Kyk ook regulasies 4, 6, 7, 10, 11 en 12) 9. (1) 'n Kandidaat vir toelating tot enige eksamen moet 'n aansoek ingevolge regulasie 12 indien. (2) Ten opsigte van die eksamen vir die eerste jaar moet die kandidaat, saam met die aansoek om toelating, 'n sertifikaat deur die persoon in beheer van die skool indien dat die kandidaat-
(3) Ten opsigte van die eksamen vir die tweede jaar moet die kandidaat, saam met die aansoek om toelating, 'n sertifikaat deur die persoon in beheer van die skool indien dat die kandidaat-
(4) Ten opsigte van die eindeksamen moet die kandidaat saam met die aansoek om toelating indien-
(5) Die Raad kan die eksamens, toetse en evaluerings deur skole afgeneem, inspekteer. (6) 'n Kandidaat wat bloot as gevolg van addisionele siekteverlof wat ingewerk moet word nie tot 'n eksamen wat deur die Raad afgeneem word, toegelaat kan word nie, kan by skriftelike aansoek van die persoon in beheer van die skool by die raad ingedien nie later nie as die voorgeskrewe sluitingsdatum, toegelaat word en die siekteverlof na die eksamen ingewerk word: met dien verstande dat die addisionele siekteverlof nie later as die einde van die maand wat volg op die maand waarin die eksamen afgeneem word, ingewerk word nie. (7) 'n Kandidaat wat afwesig is van 'n eksamen in 'n vak of gedeelte van 'n vak weens siekte op die werklike dag van die eksamen, kan tot die volgende eksamen in die vak sonder betaling van gelde toegelaat word; met dien verstande dat 'n bevredigende mediese sertifikaat binne een-en-twintig (21) dae na die datum van die eksamen in die vak of gedeelte van die vak ingedien word; met dien verstande verder dat indien die kandidaat van 'n gedeelte van die eksamen in 'n vak afwesig was, die hele eksamen in die vak weer afgelê moet word. Die kandidaat moet nogtans 'n aansoek om toelating ingevolge regulasie 12 indien.
Promosies(Kyk ook regulasie 11) 10. (1) By berekening van die tydperke onder paragrawe (2) en (3) moet enige tydperke wat ingewerk moet word, insluitende addisionele siekteverlof wat ingewerk moet word, in aanmerking geneem word. (2) By voltooiing van die eerste jaar, word 'n student wat in die vak Psigiatriese Verpleegkunde I en Kliniese Praktika I by toelating of hertoelating geslaag het, tot die tweede jaar toegelaat. (3) By voltooiing van die tweede jaar, word 'n student wat in al die vakke van die eerste en tweede jaar by toelating of hertoelating geslaag het, tot die derde jaar toegelaat. (4) 'n Student wat in enige jaar van die kursus nie gepromoveer kan word nie, behou krediet-
Hertoelating tot eksamens(Kyk ook regulasies 10 en 12) 11. (1) (a) Behoudens die bepalings van hierdie regulasie kan 'n kandidaat wat in enige vak gedruip het, tot 'n hereksamen in die betrokke vak toegelaat word, uitgesonderd 'n kandidaat wat vir die eerste keer in 'n vak gedruip het met 'n persentasie punt van minder as 40% van die totale punte vir die betrokke vak. (b) 'n Kandidaat wat vir 'n hereksamen kwalifiseer, moet aan die vereistes voorgeskryf by regulasie 12 voldoen en moet hom vir 'n hereksamen aanmeld binne een jaar vanaf die datum van publikasie van die uitslae van die vorige eksamen waarin hy gedruip het, by gebreke waarvan hy sodanige verdere opleiding moet ondergaan as wat die raad besluit. (2) 'n Kandidaat wat twee keer in enige vak gedruip het, moet drie maande verdere deurlopende opleiding by 'n verpleegskool ondergaan in die betrokke vak voordat hy, behoudens subregulasie (3), vir die laaste keer tot die betrokke eksamen hertoegelaat word. (3) 'n Kandidaat wat in 'n vak vir die derde keer druip, word nie weer tot 'n eksamen in sodanige vak hertoegelaat nie tensy die raad, by ontvangs van 'n volledige motivering van die betrokke verpleegskool, anders besluit. (4) Behalwe in die geval van 'n kandidaat wat vir die eerste keer aansoek doen vir hertoelating tot 'n eksamen in 'n vak wat hy gedruip het, moet die aansoek tot toelating ingevolge regulasie 12, vergesel word van 'n sertifikaat van die persoon in beheer van die verpleegskool, dat die kandidaat aan die vereistes van subregulasie (2) voldoen het. (5) 'n Kandidaat moet 'n aansoek ingevolge regulasie 12 indien.
Datums van eksamens, aansoeke om toelating en hertoelating en eksamengelde12. (1) Die persoon in beheer van 'n skool moet die Raad onmiddellik, met vermelding van redes, in kennis stel indien 'n student na die indiening van 'n aansoek ooreenkomstig hierdie regulasie, nie meer tot 'n eksamen toegelaat kan word nie. (2) (a) Eksamens ten opsigte van die eerste jaar word in die maande Februarie, Junie en Oktober afgeneem en aansoeke om toelating of hertoelating moet op of voor 7 November, 7 Maart en 7 Julie, onderskeidelik, by die Raad ingedien word. (b) Eksamens ten opsigte van die tweede jaar word in die maande Januarie, Mei en September afgeneem en aansoeke om toelating of hertoelating moet op of voor 7 Oktober, 7 Februarie en 7 Junie, onderskeidelik, by die Raad ingedien word. (c) Die eindeksamen word in die maande Februarie, Junie en Oktober afgeneem en aansoeke om toelating of hertoelating moet op of voor 7 November, 7 Maart en 7 Julie, onderskeidelik, by die Raad ingedien word. (3) Eksamengelde van vyftien rand (R15) per drie-uur vraestel en tien rand (R10) per twee-uur vraestel word by aansoek om toelating of hertoelating tot die eksamen aan die raad betaal. (4) 'n aansoek wat binne nie meer nie as sewe (7) dae na die voorgeskrewe datum ingedien word, word slegs by betaling van 'n addisionele bedrag van vyftien rand (R15) aanvaar. (5) 'n Aansoek wat meer as sewe (7) dae na die voorgeskrewe datum ingedien word, word nie aanvaar nie. (6) 'n Aansoek om toelating of hertoelating word nie as kragtens hierdie regulasie "ingedien" beskou nie, tensy 'n aansoekvorm, behoorlik voltooi, tesame met die voorgeskrewe sertifikate, die eksamengelde en, waar van toepassing, die addisionele bedrag waarna in paragraaf (4) verwys word, die raad bereik het nie. (7) Tensy die Raad anders bepaal, word eksamengelde aan die Raad verbeur indien 'n inskrywing gekanselleer word of indien 'n kandidaat van 'n eksamen of gedeelte van 'n eksamen afwesig is. Hierdie paragraaf is ook van toepassing ten opsigte van die gelde waarna in paragraaf (4) verwys word.
Eksamensentrums13. Die eksamens wat deur die Raad afgeneem word, word op sodanige plekke wat die Raad mag bepaal, gehou.
Registrasie14. 'n Kandidaat wat die kursus suksesvol voltooi het, word ingevolge die bepalings van die regulasies betreffende registers as 'n psigiatriese verpleegster/verpleër sonder die betaling van gelde geregistreer; met dien verstande dat die kennisgewing en rekord in regulasie 3(c) voorgeskryf, ingedien is.
Toepassing van hierdie regulasies15. (1) Hierdie regulasies tree ses maande na die datum van publikasie in werking en is van toepassing op alle studente wat op of na daardie datum die kursus begin of hervat; met dien verstande dat 'n skool aansoek kan doen om opleiding ingevolge hierdie regulasies te begin op 'n datum voor die inwerkingtreding. (2) Goewermentskennisgewing R. 8 van 2 Januarie 1970, soos gewysig, bly in werking ten opsigte van studente wat op datum van die inwerkingtreding van hierdie regulasies in opleiding is en totdat hulle die kursus staak of voltooi. Hierdie studente kan aansoek doen om die kursus ingevolge hierdie regulasies voort te sit op voorwaardes wat die Raad kan bepaal; met dien verstande dat studente in opleiding aan 'n skool wat ooreenkomstig paragraaf (1) opleiding begin op 'n datum voor die datum van inwerkingtreding, aansoek kan doen om met ingang vanaf daardie datum oor te skakel. (3) Behoudens die bepalings van regulasie 16, is hierdie regulasies van toepassing op alle kursusse in die Republiek van Suid-Afrika wat tot registrasie as 'n psigiatriese verpleegkundige lei.
Oorgangsbepaling16. (1) Ondanks die bepalings van regulasie 15(3) en behoudens die bepalings van subregulasie (2), doen hierdie regulasies geen afbreuk nie aan die bepalings van-
(2) Ondanks die bepalings van subregulasie (1), word geen persoon na 28 Februarie 1997 toegelaat om hom of haar vir 'n kursus bedoel in die 1975- of 1990-regulasies te laat inskryf nie.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |