|
Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies betreffende Rolle vir Leerlingverpleegassistente: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 1833 van 20 Oktober 1972, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 1649 van 20 September 1974, R. 2211 van 31 Oktober 1980, R. 819 van 30 April 1982 en R. 1128 van 23 September 1999.
Algemene wysigings2. Die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “leerlingverpleegassistente” deur die uitdrukking “leerlingverpleeghulpe” te vervang waar ook al dit voorkom. 3. Die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “leerlingverpleegassistent” deur die uitdrukking “leerlingverpleeghulp” te vervang waar ook al dit voorkom.
Wysiging van regulasie 2 van die Regulasies4. Subregulasie (1) van regulasie 2 van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “veertig rand (R40)” deur die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00), BTW uitgesluit” te vervang.
Wysiging van regulasie 4 van die Regulasies5. Subregulasie (1) van regulasie 4 van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “veertig rand (R40)” deur die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00), BTW uitgesluit” te vervang.
Wysiging van opskrif van BYLAE A van die Regulasies6. Die opskrif van BYLAE A van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “LEERLINGVERPLEEGASSISTENT” deur die uitdrukking “LEERLINGVERPLEEGHULP” te vervang.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies7. Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.
(Geteken)
|
|